create your own website for free
Mobirise

Geskiedenis

Waar kom Horings en Dorings vandaan?

Mobirise

In 2015 het Odette Koch besluit dat sy is nie n koekbak mamma is nie. 

Daar moes afskeidsfondse ingesamel word vir haar seun se graad 7 klas…

Sy het besluit om DJ OSSEWA te kry om in Hluhluwe te kom optree, en binne 2 ure het sy die fondse bymekaar gekry by n paar boere.En dis waar alles begin het…

In 2017 het Juan Boucher sy buiging in Hluhluwe kom maak,asook Armand Hofmeyr,en dis waar Odette Koch en Pierre Conradie jnr se venootskap begin het. Hulle altwee het die selfde ding in gemeen…Hulle al twee is gemeenskaps mense.

Mobirise


Horings & Dorings is op 26 May 2018 gebore met 5 komiteelede, en 2 hoof borgenaamlik Alpha Group en Badenhorst Agri. 

Die venue was in Hluhluwe dorp

Op privaat grond gehou. Die naam Horings&Dorings kom van ons boerdery moontlikhede in ons area af. In Hluhluwe word daar grootliks met Queen pynappels geboer en dis waar ons Dorings vandaan kom. Die Horings simboliseer beeste en bokke, spesifiek die Nyala, wat se natuurlike habitat in Hluhluwe area is. 

Met Lianie May op die verhoog...

... springkastele vir die kindersen 7 spitte vir aandete, kon ons met eerlikheid sê dat ons eerste Horings en Dorings n groot sukses was. Die 350 kaartjies wat beskikbaar was, was alles uitverkoop.

Mobirise

In 2019 verskuif ons Horings & Dorings na Zulu Croc, wat perfek gelee is teen die R22 op die Sodwana pad. Meer as 40 stalletjies het kom uitstal

Ons komiteelede groei na 18 lede

Ons hou n Farm Jam met die hulp van Dirt Zone as ook n Trap, Stap en Draf. HoringsenDorings word ook verleng na 2 dae wat die 25ste en 26ste May was.

Om en by 1200 mense oor die 2 dae het die fees by gewoon

Ons was gelukkig om weer Alpha Group te hê as hoof borg asook Zulu Croc Reptile park. Ons het ook n hele paar nuwe borge bygekry

Contacts

Email: info@horingsendorings.co.za         Phone: (079) 394 1284